TV-MUFFINS MET SOUTVLEIS

2015-06-09-tv-muffins

TV-MUFFINS MET SOUTVLEIS

1 blik soutbeesvleis, fyngemaak
2 eiers
75 ml melk
25 ml olie
200 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
8 – 10 eiers

Klits twee eiers saam met melk en olie. Sif die droë bestanddele saam en roer die melkmengsel by. Meng goed. Meng met soutvleis. Skep die vleismengsel in ‘n muffinpan. Smeer dit gelyk en teen die kante. Breek in elke holte ‘n eier. Bak vir 15 minute in voorverhitte oond van 180ºC.
Resep geplaas deur: Cornelia Marais Myburgh