SPINASIESTINGEL HAPPIES

2015-06-02-spinasiestingelhappiestested

SPINASIESTINGEL HAPPIES
Maak n deeg van die volgende:
1 koppie koekmeel
1 koppie baie fyn broodkrummels
1 hoender ekstrakblokkie wat jy fyn vryf in die meelmengsel
knippie rooipeper
1 teelepel fyn swartpeper
1 teelepel hoenderspice of braaispice
½ teelepel oreganum of gemengde kruie
1 eier
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
1 pak spinasie
bier of water om mee te meng

plaas al die bestanddele in ‘n mengbak, voeg water of bier by vir “n redelike slap beslag.
Ek meng al my droë bestandele goed en bere in houer met deksel en vat dan net soveel soos ek nodig gaan he.
Was jong, dun spinasiestingels en sny in lengtes wat jy verkies, maak goed droog. Skud nou in sakkie met koekmeel tot almal mooi bedek is. Doop in die deeg en braai in diep olie tot bruin. Moenie groot, growwe, dik stingels gebruik nie!

Resep en foto: Jacques Marianne Van Niekerk