SPEK EN SPINASIE HOENDER ROLLETJIES

2015-06-01-baconenspinasiehoenderrollietjiestested

SPEK EN SPINASIE HOENDER ROLLETJIES

BESTANDELE
Rindless streaky bacon (spek)
Spinasie blare
Hoender fillet

Plaas “rindless streaky bacon” (spek) netjies langs mekaar op skoon oppervlak.
Skeur spinasieblare weerskante van stingel af en verwelk in kookwater. Hou so heel as moontlik. Dreineer en plaas op bacon in n laag.
Kap hoender fillet met “tenderise” hamertjie leka plat, plaas bo op spinasie in n laag.
Die spinasie kan bietjie gegeur word met sout en peper voordat die hoenderlagie op kom.
Geur dan hoender na smaak.
Rol op soos rolkoek en steek vas met tandestokkies.
Ek braai myne op die healthgrill, maar ek glo kole sal ook werk. Ek bedien myne heel maar as daar meer mense is, sny in skyfies en ek dink so 3 tot 4 skyfies is ‘n goeie porsie.
Bedien met n lekker groen slaai.

Resep en foto: Jacques Marianne Van Niekerk