SNOEK BILTONG
SNOEK BILTONG
Neem een gevlekte snoek trek dit mooi oop op n gelyk oppervlakte.
Bedek die hele snoek oral met n lekker dik laag growwe sout en laat lĂȘ vir +- 1/2 – 3/4 uur.
Spoel dan al die sout af onder lopende water. Bind n tou aan die stert vas om aan op te hang.
Hang in n plek waar n trek is bv in n garage en probeer dit so plat moonlik hou as dit opgehang word
Laat dit hang tot dit lekker droog is ( hang af van die klimaat vir hoe lank dit moet hang , toets maar gereeld )
Waarskuwing : hou buite bereik van katte !!!!!
BRON/FOTO: Gideon Louw


