SKILFERDEEG PIZZA IN ‘N BRAAIPAN


SKILFERDEEG PIZZA IN ‘N BRAAIPAN
Ontdooi ‘n pak skilferkorsdeeg.
Die ou het ‘n pan gebruik wat in die oond kan gaan. Sny ‘n sirkel/vierkant die grootte van die pan.
Spuit die pan goed met Spray&Cook.
Stel die oond op 200 grade gesit en doen die volgende:
Doen ‘n “roerbraai” (ek noem dit roerbraai, want jy kan basies enige iets daarin gaarmaak – bacon en wat ookal) in die pan.
Wanneer die “roerbraai” redelik droogerig gekook het, dan sit jy die skilferkorsdeeg bo-op.
Sit die pan in die oond en bak die kors vir +- 20 min (of tot dit mooi uitgerys het en bruin is).
En hier moet ‘n mens versigtig wees: keer die pan om sodat die kors aan die onderkant is en die “roerbraai” bo.
Nou kan jy enige kaas bo-oor sit. Versier met pietersielie/paprika en dit sny soos ‘n pizza en bedien dadelik.
Bron: Anne Snyman vanaf ‘n TV program.