PERI-PERI SOUS

Peri-Peri Soustested
PERI-PERI SOUS
Hier is die resultaat van daai pak chillies van gister. Twee bottels ( Sterk en matig) Peri-Peri Sous vir marinade ens. Ideaal vir daai peri peri Portugeuse hoender. Hierdie kan jy proe, die ware jacob gebaseer op Jan Braai se resep met ekstra klomp chillies vir die hitte.

Resep
3 Eetlepels gekerfde knoffel
halwe koppie rooiwynasyn
halwe koppie suurlemoensap
halwe koppie olyfolie
halwe koppie water
50 ml paprika poeier
50 ml chillie poeier
50 ml sout
10 habenero rissies
6 rooi rissies

Meng alles goed in n ‘ blender’, gebruik eers na 3 dae. Proe en pas aan vir jou smaak.
BRON – Pieter Coetzee