PANGEBRAAIDE BOELIEBIEF


PANGEBRAAIDE BOELIEBIEF
300 g (1 blik) soutvleis fyn gemaak of klein blokkies
450 g gaar aartappels, in klein blokkies
250 ml fyn gekapte uie
125 ml vleisaftreksel
2.5 ml Tabascosous
12.5 ml blatjang
25 ml margarien
12.5 ml gekapte, pietersielie

Meng die vleis, aartappel, uie, aftreksel, Tabascosous en blatjang.
Verhit die margarien in ‘n groot braaipan.
Skep die mengsel in die pan en sprei egalig in die pan.
Verlaag die hitte en braai stadig bruin aan die onderkant. Moenie roer nie.
Vou soos ‘n omelet en strooi die pietersielie oor.
Bedien dadelik.
Lewer 4 porsies.
Resep geplaas deur: Cornelia Marais Myburgh