OUMA PLAAS SE KOEKSISTERS

2015-06-27-koeksisterstested

OUMA PLAAS SE KOEKSISTERS
Sif saam 4 koppies meel en 8 teelepels bakpoeier saam.
Meng die volgende saam:
1 koppie melk
1 koppie warm water
1 teelepel sout
1 eetlepel suurlemoensap
2 eetlepels botter (ouma glo net aan Stork bake )

Meng nou die vloeistof by die meelmengsel en knie tot bak se kante skoon is!
Sit warm bottel by deeg in en laat rus (ons het dit ‘n uur en ‘n half laat rus)
Dit is n sagte deeg.
Druk balletjies af en druk deeg in ‘n reg hoek vorm en sny in vinger dikte repies!
Vou elke repie in ‘n agt en bak in warm olie tot bruin aan albei kante!
Lig uit olie en gooi in ys koue stroop en hou hulle onder! Jy hoor sommer hoe hulle stroop suig!
Ouma se balletjies het so 10 repies op ‘n slag gemaak! Sy glo aan maak repies vleg en olie en stroop dan weer ‘n balletjies, repies, vleg en stroop!
Sit op afkoelrakkie en dat oortollige stroop af druk! Ons het ‘n lekker grootte gemaak jy hap hom sommer met 1 hap!

Ons het so 6 dosyn gemaak in pakkies na ons eers bietjie weg gelê het in hulle!

Stroop
Meng 8 koppies suiker en 4½ koppies water!
Roer sodat suiker oplos voor dit kook! Sodra begin kook laat vir 5 min kook!!
Gooi nou 1 teelepel sout en 4 eetlepels suurlemoensap en ‘n proppie vanielje by!
Maak die aand voor die tyd en laat yskoud word!
Heerlik! 10 uit 10!!

PHOTO: Benhet Nieuwenhuis
Resep:  Ouma Hester Duminy