MAKLIKE KRUMMEL-APPELTERT-POEDING
MAKLIKE KRUMMEL-APPELTERT-POEDING
Bedien met warm Vla of Room
6 -8 Groen Appels (Granny Smith/ of sg apples)
375 ml koekmeel
5 ml sout
375 ml Bruin of wit suiker
100 ml sagte botter/margarine
Kaneel
fyn neutmuskaat
50 ml water
Gooi die water in die vuurvaste bakskottel en stel die oond op 180 grade C
Sny geskilde appels in skywe – nie te dik nie en plaas in ‘n vuurvaste glasbak (of enige ander geskikte bak) in lae met kaneel en neutmuskaat oor elke laag gesprinkel
Vryf die botter in die meel tot krummelrig en voeg die sout en suiker ook by – meng goed.
Strooi oor die appels tot mooi bedek.
Wenk: Maak Sommer ‘n groot hoeveelheid van die krummelmengsel aan en berg in die vrieskas – in geval van nood kan enige vrugte gebruik word, die krummels oorgestrooi word en gebak word.
Bak ongeveer 35 minute tot goudbruin en bros.
Bedien warm met room of vla
Resep: Minky Swiegers-van Dyk
Foto: Ansi Fourie Pypers Fourie

