LEKKERSTE FETAKAAS OOIT
LEKKERSTE FETAKAAS OOIT
4 Liter volroom melk. Laat melk dik word, lyn n groot sif uit met kaasdoek of enige baie dun materiaal. Plaas sif bo-oor groot bak en laat al die vloeistof aftap. Druk laaste vloeistof uit met jou hande. Plaas in skoon bak binne in lap in yskas vir +- een uur. Sny in blokkies en pak in groot bottel. Vul bottel met oplossing van 2 koppies kookwater en 2 eetlepels sout. Laat afkoel en gooi oor kaas. Bewaar in yskas. Heerlik!…. Ek laat dit natuurlik dik word. Het ongelukkig nie n foto nie, maar probeer dit gerus, jy sal nooit weer fetakaas koop nie. En jy kan meer of minder sout byvoeg asook swartpeper, fyn biltong, gesnipperde greenpepper, kappetjiesaad. Enige iets!.. jy kan gewone maas ook gebruik, maar die vars melk is maar die lekkerste. En as jy karringmelk gebruik het jy maaskaas. Jy gooi net nie die sout en kookwater oplossing by nie.
BRON: Nakki Erasmus
FOTO:

