LEKKER SKRIKKELJAARSPOEDING
75 gram botter
125 ml suikar
2 jumbo eiers geskei
5 ml vanilla
250 ml koekmeel
10 ml Bakpoeier
3 ml sout
90 ml melk
STAPPE: Na klaar gebak, smeer ongeveer 100 ml appelkooskonfyt bo-oor die warm poeding en giet die 250 ml melk dan oor die warm poeding
250 ml melk
30 ml strooisuiker wat saam met die eierwitte geklop word om heel laaste oor die poeding gesmeer te word voor die poeding finaal bak.
Metode:
Stel oord op 180C
Verrroom die botter, suiker, sout eiergele en vanilla.
Voeg die gesifte droë bestanddele en melk om die beurt by en meng goed.
Gooi die mengsel in ’n boter-gesmeerde vuurvaste oondskottel en bak fir 30 minute by180C tot gaar (Tot ’n toetspen droog sal uitkom)
Volg dan die stappe soos bo verduidelik.
Bak die poeding na die eierwitte oor gesmeer is vir ’n verdere 20 minute tot goudbruin.
Resep: M Lubbe – geplaas deur Minky Swiegers
Foto: Amanda Struwig


