KORSLOSE ONGEBAKTE MELKTERT

Korslose ongebakte melktert
KORSLOSE ONGEBAKTE MELKTERT
1 liter melk
2 eetlepels botter
1 koppie suiker (sien nota)
3 hoogvol eetlepels bruismeel
3 hoogvol eetlepels mazina
2 eiers
5 ml vanila essence

Kook die melk en botter saam.
Vat bietjie van die warm melk en meng met res van bestanddele in.
En kook dan alles saam tot styf raak.
Gooi uit in glasbak en sprinkel fyn kaneel bo-oor indien verkies.
Laat afkoel en set.

Resep en Foto: Ananda Whittle
2de foto.  Rina Kleinhans
Nota:  Ek het ‘n hoogvol eetlepel vlapoeier bygesit en ‘n kwart koppie xylitol gebruik, baie lekker, maar bietjie soet vir ons, stel voor mens sit suiker by na smaak, verder baie lekker. Ek het ook beskuitjies in die middel gepak.