KAAS EN KNOFFEL MOSSELS


KAAS EN KNOFFEL MOSSELS
Ek het omtrent n half steen margarien in n potjie op die stoof gesmelt en n opgehoopte eetlepel knoffel daarin gebraai.
Fyngekapte pietersielie en fish spice bygevoeg.
Slow cooker aangesit met klaar ontvriesde green shell mossels en die knoffelbotter oorgegooi. Dit maar so uur of wat gelos.
Mossels uitgeskep en die knoffelbotter in pan op die stoof, koekmeel by en room soos jy witsous sou maak en gerasperde kaas.
Mossels teruggepak in slow cooker en sous oorgegooi.
So roer of 2 gegee tot deur warm.
Uitgeskep en op bakplaat gepak en Xtra bietjie gerasperde kaas oorgestrooi en in die oond gesmelt.
BRON – Jacques Marianne Van Niekerk