JOHAN SE BOSVELD “SPARE RIBS”


JOHAN SE BOSVELD “SPARE RIBS”
Resep en foto: Johan du Preez Snr
FOOD LOVERS RECIPES
As jy nie weet wat om nou te doen met die ribbes nie maak so. Sappige “Spare-ribs” vir vlakvark, bosvark, plaasvark, skaap of bees.
1 tot 2 kg ribbes
1 ui, in kwarte gesny
1 knoffelhuisie
6 peperkorrels
3 lourierblare “ bay-leaves”
VIR DIE SOUS
150 ml tamatiesous
75 ml blatjang
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
sout en peper na smaak
5 ml mosterdpoeier
2 ml basiliekruid
50 ml asyn
50 ml bruinsuiker
12.5 ml Worcestersous
1 ml Tabascosous
12.5 ml Soyasous
75 ml heuning
50 ml fyn appelkooskonfyt
Plaas ribbes, uie, knoffel en lourierbare in ‘n kastrol.
Bedek met water en kook vir 40 tot 50 minuute of tot ribbes sag is.
Giet water af. (Of vang spoed met ‘n stoompot)
Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n pan, kook oor lae hitte vir 10 min.
Plaas die ribbes in ‘n oondpan. Bedek met die sous en bak teen 180ºC vir 30 – 40 min.
Draai gereeld om en bedruip met die sous in die pan. Bak todat dit krakerig vertoon.
Hou dit net gereeld dop, dit brand maklik.
Giet die oorblywende sous in ‘n bakkie en die wat nog meer sous wil hê, skep maar op.
Dit werk net so lekker op die kole.
Bedien saam met ‘n klam lap of lek jou vingers af.