JAN SE ANYSBESKUIT

2015-06-22-janseanysbeskuittested
JAN SE ANYSBESKUIT
2,5 kg koekmeel
1 pakkie gis (10 g)
1 koppie botter  (250 ml)
1.5 koppie suiker (375 ml)
2 eiers
1 boksie anys saad
sout (2.5 teel sout )
2 koppies melk (500 ml)

Smelt botter en suiker en 2 koppies kookwater en voeg melk by.
Maak gis aan met bietjie lou water in beker en laat ruis.
Klits eiers en voeg gis saam by botter mengsel.
Mengsel moet lou wees.
Meng meel, sout en anys saam in groot skottel.
Voeg mengsel bietjies op ‘n slag by en knie goed.
Kan nog louwater byvoeg as deeg te styf is.
Knie soos brood deeg.
Sit min droë meel by terwyl daar geknie word tot die deeg nie meer aan jou hande vas sit nie.
Maak warm toe en laat ruis vir plus minus 2 ure.
Maak dan ronde balle met die deeg in brood panne en laat ruis tot bo gelyk met pan en bak teen 180°C vir plus minus half uur of tot dit ligbruin gebak is.
Smeer margerien bo-op beskuit en geniet.
Resep en foto: Jan Bezuidenhout

Resep aangepas deur Francois du Plessis
Ok, nog ‘n aanpassing… ek’t ook ‘n pakkie droë gis saam met die meel, sout en anys gemeng… bo en behalwe die pakkie wat saam met die nat bestanddele ingegaan het. Dit het beslis ‘n verskil gemaak aan die tekstuur.

anysbeskuit francois