HOLLANDSE HUTSPOT

 

Hollandse Hutspottested

HOLLANDSE HUTSPOT
vir 6 persone
2 groot bossies wortels skoongemaakt en in stukkies (plakkies) gesny,
2.2 kg aardappels geskil en deur die helfte gensy
5 groot uie fyn gesny
sout, peper
egte botter
2 eetlepels melk
klein bietjie neutmuskaat/nutmeg
500 gram blokkies bacon lekker crispy gebak

Vir die vleis:
1KG ham/gammon,
5 eetlepels appelkoos konfyt
3 eetlepels heuning
2cm vars gemmer fyn gesny
en die sap van 1 vars lemoen

Meng die gemmer, lemoen sap, heuning en appelkoos konfyt in ‘n bakkie en sit dit oor die vleis, onthou nie alles nie maar verdeel dit oor 3 ure soos jy die ham in die oond bak op so 170 grade. Ek het die ham elke 15 a’ 20 minute gegalzae met die saus. As die ham vir so uur in die oond gebak het sit 1 koppie water onder in die bak sodat hy nie uitdroog nie. Elke keer as jy hom glaze skep bietjie van die water en saus bo oor die ham. Dit hou hom sappig smile emoticon Kook die wortels en die uie saam met bietjie sout, as hulle gaar is gier die water af en kook in dieselfde water die aardappels wat jy deur die helfte sny. As hulle gaar is giet die water af en sit lekker regte botter in, stamp dit fyn en sit 2 eetlepels melk by. Stamp/mash nou die wortels en uie saam met dit en hou dit op ‘n plaat warm. Sout en peper en nutmeg na smaak. Sit die gebakte bacon blokkies deur dit en hou dit warm op ‘n plaat. Sny die ham in dun skyfies en bedien saam met die Hutspot. Eet smakelijk
Foto en resep deur Claudia Bellink