HERDERSPASTEIPOTJIE
HERDERSPASTEIPOTJIE
-dit is heerlik en baie vinnig!!
2 uie, geskil en gekerf
1 kg maalvleis
olie, om uie en maalvleis in te braai
1 bl gemengde groente
8 aartappels, geskil en in kwarte
2 koppies gerasperde kaas
Braai die maalvleis en ui in bietjie olie. Voeg die groente, aartappels en bietjie water by. Sodra die aartappels gaar is, skep dan die helfte van die aartappels uit en maak mash daarvan. Prut solank die maalvleismengsel. Plaas die kaopaartappels terug in die pot, maak dit gelyk, sodat al die maalvleis bedek is. Strooi laastens die kaas bo-oor en sit die desel op.
Laat die kaas smelt en bedien saam met rys en pampoen.
Alida Fourie Visagie se resep


