HAMBURGER PATTIES-VARIASIE


HAMBURGER PATTIES-VARIASIE
750 g maalvleis
3 snye brood krummels
1 klein ui
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel koljander
½ teelepel braaivleis speserye
1 pakkie beesstert soppoeier
1 teelepel pietersielie
1 eier
Swart peper
Meng goed en maak patties.
Resep geplaas deur Carien van Eck
Michelle van der Vyver
Gebruik goeie maalvleis, rasper 1 ui en 2 middelmatige aartappels in.
Sout en peper na smaak en bietjie pietersielie, en speserye
Klein bietjie blatjang en tamatiesous, meng goed deur, maak bolletjies, druk effens plat. Bak in die oond of in ‘n pan met bietjie olie onder in.
Ek maak my pan toe met foelie, as halfpad gaar is draai ek dit om
Lelane Van Der Walt
2 snye brood brood geweek in melk, 1 pakkie maalvleis, 1 eier, brood krummels, Ina paarmans beesvleis stock droog, worcestersous, knoffel, sout, peper, tiemie ens. Meng alless liggies, sit in yskas om koud te word tot gebruik. Braai in olie/ air frier/ griller. Sit kaas op sodra reg en warm. Geweekte brood rek jou maalvleis en maak dit nie te droog nie.