GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES

 

2015-06-15-grondboontjiebotterkoekiestested

GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES
2 koppies grondboontjiebotter (smooth as jy ‘n koekiedrukker gebruik)
2 koppies bruinsuiker
2 koppies witsuiker
500 g sagte botter of margarien
4 eiers
5 koppies koekmeel
2 t koeksoda
1 t sout
Room die botter, grondboontjiebotter en suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Voeg die res van die bestanddele by en knie tot gladde, elastiese deeg.
Die resep werk goed in ‘n drukker, of jy kan balletjies rol en met ‘n vurk bietjie plat druk. Bak 12-15 min teen 180.  Hierdie mengsel werk baie goed in die koekiedrukker.

Resep en foto: Jeanette Martins