GIDEON SE WESKUSSNOEK OP DIE KOLE
GIDEON SE WESKUSSNOEK OP DIE KOLE
Een snoek vooraf gesout
2 eetlepels knoffel vlokkies
3 eetlepels tuisgemaakte appelkoos jam
4 eetlepels suurlemoensap
1/2 koppie botter
1/2 teelepel peper
Smelt die botter en meng met alle bestandele behalwe die snoek
Plaas die snoek op die rooster wat met foelie bedek is en braai vir 10 min op skerp kole met die vleiskant na onder draai dan om en giet die sous oor die snoek en braai vir nog 10 min
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw


