GESONDE MACARONI EN KAAS

2015-06-03-macaronienkaastested

GESONDE MACARONI EN KAAS
200g (375 ml) macaronistukkies
500 ml vetvrye melk
2 eiers
2 ryp tamaties
250 ml gerasperde laevetkaas (ek gebruik altyd Cheddar)
Sout en gemaalde swartpeper

Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pak, dreineer en skep in ’n groterige bakskottel wat met ’n kleefwerende kossproei bespuit is.
Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
Bedek intussen die tamaties met kookwater, laat dit ’n minuut of twee daarin lê.
Klits die eiers en melk saam en voeg ’n bietjie sout en peper by. Giet die eiermelk oor die macaroni in die skottel.
Haal die tamaties uit die kookwater en trek die skille af. Sny die tamaties in skywe en rangskik dit op die macaron.
Strooi sout en peper na smaak oor.
Strooi die kaas bo-oor.
Bak die gereg sowat 40 minute of totdat dit gestol is.
Aangepas uit Gesonde gesinskos deur Christelle Erasmus.
Foto’s en resep geplaas deur Charmaine Timmerman