GEREG MET RYS SPINASIE MAALVLEIS EN FETA
GEREG MET RYS SPINASIE MAALVLEIS EN FETA
Ek het spinasie gekook tot gaar.
Braai toe tamatie en uie met mushrooms saam met gaar spinasie.
Braai die maalvleis apart ook tot gaar, het lekker pasta sous by gegooi met spices, die rys het ek ook ‘n rukkie gekook.
Toe sit ek rys onder dan maalvleis, bietjie water oor gegooi dan gooi ek spinasie en ‘n halwe pakkie bruin uie sop oor dan feta en gouda kaas en in die oond gebak op 180°C vir 30 minute tot rys helemaal gaar is en kaas gesmelt is.
RESEP EN FOTO: Natashia Klopper van Tonder

