GEBRAAIDE BABA SEEKAT

GEBRAAIDE BABA SEEKAT
Ek het die seekatjies mooi skoon gemaak en in n jug gegooi, die ketel gekook en kookwater oor gegooi en so minuut afgetel en toe gedreineer.
Ek het nie met koue water afgespoel nie maar dadelik in die marinade gesit en deurgemeng.
Die marinade het ek gemaak van:
4e olyfolie,
1t fyn knoffel,
1/4 t suurlemoenpeper,
knippie sout en
so 1/2t visspeserye van robertsons
2e suurlemoensap.

Ek het dit ongeveer 4ure daarin laat le.
Toe het ek n eier en bietjie koekmeel bygevoeg en dit in baie warm diep olie gebraai tot die degie begin verkleur het.
Heerlik gewees!!!

Resep: Jacques Marianne van Niekerk