GEBOTTELDE KERRIEKOOL, -UIE OF -BOONTJIES

2015-06-08-kerriekooltested
GEBOTTELDE KERRIEKOOL, -UIE OF -BOONTJIES
Hierdie resep gebruik ek vir kerriekool, -uie en boontjies.
1 middelslag kool, opgesny in repe of blokkies
2 middelslag uie, opgekap
5 ml sout
500 ml asyn
350 ml suiker
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
30 ml mielieblom

Kook die kool en uie en sout in klein bietjie water tot net sag. Dreineer baie goed.
Kook die res van die bestanddele – uitgesluit die mielieblom – saam vir 2 minute. Meng die mielieblom met bietjie water tot ‘n pasta, roer by en prut tot mengsel verdik.
Voeg alles bymekaar, bring weer tot kookpunt en skep in warm gesteriliseerde bottels.
Verseël dadelik. Laat dit verkieslik 3 weke staan voor gebruik.
Resep: Petro Borchard
Foto: Marie Rheeder Troskie