EENSKOTTEL HOENDER EN RYS GEREG

EENSKOTTEL HOENDER EN RYS GEREG
Gebruik ‘n oondskottel met deksel.
1 kop rou rys
1 ½ – 2 kop gemengde gevriesde groente (klein blokkies wortels, mielies, ertjies en boontjies mengsel)
1 pak hoenderporsies
1 groot ui in ringe gesny
1 klein blik perskeskyfies met sous
¼ kop blatjang
1 pakkie sampioen of wit uiesoppoeier aangemaak met
500 ml water
Sout en peper na smaak
Metode:
Gooi 1 kop rou rys onder in ‘n gesmeerde oondbak wat sy eie deksel het.
Gooi die koppie gemengde groente –eweredig oor die rys.
Pak vervolgens die ontdooide hoender porsies bo-op.
Versprei die uie ringe bo-op en rond af met die blikkie perskeskyfies in stroop.
Maak die pakkie sampioen- of wit uiesop aan met 500ml water, voeg die kwart koppie blatjang hierby en meng goed deur en gooi die sous bo-oor die bestanddele in die oondskottel.
Geur met nog ‘n bietjie sout en peper na smaak indien nodig. Hou ingedagte dat die soppoeier reeds geurmiddels by het wat gewoonlik genoeg is vir die gereg.
Bak vir 1 en half uur tot 2 ure by 160 grade C met die deksel op. Kyk na uur en ‘n half of die vleis sag en gaar is, en die rys uitgepof is.
Verwyder dan die deksel, plaas terug in die oond, verhoog die grade na 180°C. Hou die gereg dop sodat die hoenderporsies nie brand nie, maar net mooi verbruin en die velletjie bros bak.
Aangesien hier reeds rys asook ‘n spatsel groente in die gereg is, kan u net ‘n slaai of twee hiermee saam bedien.

Foto: Adam Cloete

Foto:  Madie Janse van Rensburg Ek het dit in die slow cooker gemaak — Dit het 100% gewerk! Ek het net 1.5kp water gebruik en hom vir 5 ure in gehad en die verstelling was op hoog.