DOPPIES OP OMGEKEERDE PANNETJIES



DOPPIES OP OMGEKEERDE PANNETJIES
2 koppies koekmeel (500 ml)
125 ml versiersuiker
knippie Sout
125 g sagte botter/margarine
2 eiergele
60 ml yswater
Sif meel, versiersuiker en sout saam. Vryf botter daarby in tot soos broodkrummels lyk. Klits eiergele en yswater. Voeg by meelmengsel en druk bymekaar tot deeg vorm. Sit deeg in plastieksakkie en verkoel in yakas vir 30 min. Rol deeg tussen 2 lae waspapier tot ongeveer 3mm dik uit. Druk ronde vormpies uit. Draai jou pannetjies onderste bo, spuit goed met nie – kleefwerende middel en sit jou deeg sirkel op en druk hom net mooi om die pannetjie se ronding vas en bak vir so 10 min. Haal versigtig af en pak op rakkie om af te koel
Resep en foto: Marinda van Tonder