BROODKRUMMELPOEDING
Oond op 180°C.
2 koppies vars broodkrummels
4 koppies warm melk
2 eiers
½ koppie suiker
¼ koppie gesmelte botter
1 teelepel vanilla
Gooi die warm melk oor die broodkrummels en laat eenkant staan sodat die melk in die krummels kan intrek.
Klits die eiers en voeg die suiker geleidelik by.
Voeg die botter en vanilla by en meng goed.
Voeg hierdie mengsel by die broodkrummels en gooi dan in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 45 minute.
Bedien saam met styfgeklitste room en ‘n skeppie appelkooskonfyt.
Resep geplaas deur Amanda Struwig

