2 BESTANDELE PIZZA BASIS



2 BESTANDELE PIZZA BASIS
Gisteraand se pizza!!
Pizza base:
2 koppies bruismeel
1 koppie double cream yoghurt
1 knippie sout
Ek het ‘n knippie sout bygesit! Sal nie weer ander deeg gebruik nie. Was heerlik!!
Sit vulsel van jou keuse op en bak teen 180°C vir ongeveer 20 min. Ek kan ongelukkig nie presies sê hoe lank nie. Het maar die kaas en die kleur van deeg dopgehou.
Ek het ook gesien Matt Preston maak dieselfde deeg op Masterchef Australia , dan rol hy dit dun uit, in die grootte van ‘n klein bordjie en bak dit in ‘n pan met ‘n biki olyf olie in. Soos naan broodjies. Dan kan jy ietsie opsit en oprol of vou.
Foto 1: Allison Kemp
Foto 2: Elsabie Templeton