VLEIS, GROENTE EN GORT SOP


VLEIS, GROENTE EN GORT SOP
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bees kookvleis, in stukke gesny met die vet aan
1 pak sop groente (of 3 wortels, 1 groot ui, 2 rape, 2 preie, seldery stingels & blare en vars pietersielie, 2 groot aartappels)
1 k 3-in-1 sop mengsel (perel gort, oranje lensies & droë ertjies)
½ blikkie tamatie puree
1 blokkie beesvleis ekstrak, in kookwater opgelos
1 pakkie bruin uiesop poeier
Goeie knippie droë rissie vlokkies, opsioneel
Braai die vleis stukke in olie tot begin verbruin (ek doen dit sommer direk in my stoompot).
Gooi 2 koppies kookwater by die vleis en stoom vir so 45 min.
Haal die vleis uit die pot en maak seker daar is geen beentjies in die water nie. Moenie die water weggooi nie.
Spoel die 3-in-1 gort sop mengsel goed af en gooi dit by die water waarin die vleis gaargemaak is in die stoompot.
Kap al die groentes op in kleinerige stukke (ek gebruik sommer my voedsel verwerker) en gooi by die gort sop mengsel
Gooi nog ten minste 1 liter kookwater by die groentes en die halwe blikkie tamatie puree.
Verwyder al die beentjies en vet van die vleis en sny die vleis in klein stukkies.
Gooi by die groente in die stoompot en prut totdat al die groente gaar en die gort sag is.
Gooi die beesvleis ekstra & water by die sop.
Meng die bruin uiesop poeier met ‘n koppie koue water en gooi by die sop.
Prut nog so 15 min en bedien.
As die sop nie dik genoeg is na jou smaak meng nog so bietjie sop poeier met water en gooi by die groente sop.
Indien verkies kan jy die droë rissie vlokkies by die sop gooi wanneer jy die groentes insit.