VINNIGE KAASPASTEITJIES

vleispasteitjies stefaanstested
VINNIGE KAASPASTEITJIES
Sommer met Spardeeg gemaak.
500 gram maalvleis
200 gram kaas
1 teelepel sout
1 teelepel growwe swart peper
½ teelepel Garlic & Herb speserye
2 eetlepels Worcestersous

Meng alles goed deur, en laat staan so halfuur.
Lekker uitgerol, en ordentlike pasteitjie gemaak.
Bak teen 180°C vir 30 minute en sit dan kaas bo-op die pasteitjies.
Bak vir nog 15 minute, en dan is dit opskeptyd.

Resep en foto:  Stefaans Blaauw