UITHALER BOBOTIE

bobotie Joantested
UITHALER BOBOTIE
2 Uie – Sny fyn en braai in bietjie olie tot goud bruin
1 kg. maalvleis  – Voeg geleidelik by en roer met ‘n groot vurk sodat aan die einde die vleis lekker los is en effens gebraai.
Verwyder kastrol van die stoof af en voeg by die vleismengsel die volgende :
2 Snye brood wat in water geweek is. Druk die water uit en krummel in die vleis in.
3 piesangs in wieletjies gesny
½ koppie Sultanas
4 eetlepels blatjang
3 teelepels sout
8 eetlepels tamatiesous
8 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels kerrie ( 3 as sterker verlang )
3 eetlepels borrie gemeng met ½ koppie asyn

Meng alles goed
Sit mengsel in bak en klop 2 eiers en ‘n ¾ koppie melk met ‘n bietjie sout.
Gooi oor mengsel en bak tot gaar in ‘n matige oond 160°C tot gaar ( ± ½ uur tot ¾ uur
Bedien met geelrys, rosyne en met slaai

RESEP: Amanda Struwig
FOTO:  Joan Coetzee