TUISGEMAAKTE SPEK CROUTONS

croutonstested
TUISGEMAAKTE SPEK CROUTONS

Hier is ‘n besparings proses. Dit behels ‘n oond wat reeds warm is, bacon en brood wat nie meer vars is nie.
Sny brood in vingers of blokkies.
Gooi op oondpan, bedek met repe bacon.
Bak tot dit is hoe jy van jou bacon hou.
Die bacon vet drup deur op die brood en jy eindig met geurige brood croutons, bacon wat nie in die vet swem nie.
Ek maak ‘n groot klomp so gaar en vries dan in pakkies vir latere gebruik. Wat is nou nie lekker met ‘n bacon geurtjie nie?!

Idee en Foto: Petro Borchard