STICKY CHICKEN WINGS / KLEWERIGE HOENDER VLERKIES

Sticky Chicken Wings of Klewerige Hoender Vlerkiestested

STICKY CHICKEN WINGS / KLEWERIGE HOENDER VLERKIES
Ek gebruik gewoonlik hoendervlerkies maar het dit al met ander stukke ook gemaak.

18 hoendervlerkies
3 sakkies tamatie puree
1 k klam donker bruinsuiker, die ene wat kriewel…
3 eetl hoenderspeserye

Moenie tamatiesous gebruik of bygooi nie, sy sous loop dan af van die hoender af sodra dit warm word en die idee is dat dit klewerige (sticky) hoender moet wees. Hou by die 3 bestandele…ek het al probeer om dit te rek maar dan werk dit nie so goed nie.
Meng alles saam en smeer elke hoender porsie daarmee, dis ‘n morsige besigheid maar defnitief die moeite werd.
Dis rou vlerkies,  bak op 200°C tot dit lekker bruin en sticky is. Seker so uur of wat. 😉
Dis so sticky, ons sukkel om hulle monde skoon te kry daarna!
RESEP INGESTUR DEUR – Hanlie Grobbelaar
FOTO – Hanlie Grobbelaar