STEAK EN NIERTJIES MET BLOUKAAS

tested

STEAK EN NIERTJIES MET BLOUKAAS
Bloukaas sous
25 ml botter
1 eetlepel meel
150 ml melk
50 g bloukaas opgesny
Room ekstra

Smelt botter en roer meel by. Gooi die melk bietjies vir bietjies by en roer aanhoudend. Gooi kaas by roer tot dik en gaar.
Sit eenkant
Maak minute steak gaar en sny mooi in repies

Maak 1 uie en knoffel gaar

Baby potatoes in ringe gesny en gebraai en fyn gemaak

Niertjies
Le vir uur in
3 eetlepels balsamic vinegar
1 eetlepel soyasous
1 teelepel basil pesto
Rol in meel en fyn broodkrummels wat bietjie steak en tjop speserye in het. Bak in diep olie vir n paar minute tot gaar.

Redbean, tamatie en rocket
Sny baby rooi en geel tamaties in helfde
Sny ‘n halwe rooi ui fyn
1 knoffel huisie fyn gesny

Gooi in ‘n sakkie.
Gooi dan ‘n eetlepel balsamic en eetlepel olyfolie en teelepel basil pesto en teelepel suiker. Klein bietjie sout en peper in n bakkie en meng.
Gooi dit by die tamaties in sakkie en laat staan vir n halfuur.
Sit rokket in bak en gooi n blikkie red beans wat jy gedreineer het by
Dan gooi jy die tamaties by. Meng sommer met hand

Sit eerste op jou bord die bloukaas sous. Bo dit die steak en dan die niertjies so hier en daar.
Skep uie bo oor
Vat ‘n lekker hand vol slaai en sit bo op
Sit dan van die fyngebraaide aartappels bo op
Maak sous warm en verdun met room tot weer glad.
BRON/FOTO: Marian van Deventer