STEAK DEVINE
STEAK DEVINE
Dit hang van jou vleis af wat die lekkerste goeie kwaliteit vleis is.
Ons steaks is altyd lekker, ek gooi klaar sout en peper, tesame met
braaispesery (bietjie)
bietjie suurlemoensap
smeer olyfolie albei kante en laat die heeldag so lê in yskas
ek haal 2 ure voor gaarmaak uit want ek maak vleis teen kamer temperatuur gaar,
(Die van vanaand is al 5 dae so in die yskas)
Ek vries glad nie steak nie ek hou dit net in yskas en koop net genoeg.
Maak ‘n cast -iron griddle pan baie warm, moet geen olie ingooi nie die vleis het klaar olie
Braai 2 min aan kant.
Ek hou van myne erg medium!!!!!!!
Dan weer so 2 min aan ander kant.
Ek draai hulle kruis dwars om sodat die grid ‘n diamant patroon op die vleis maak.
Ek rus dit dan in die warm pan van die plaat af vir nog 4 minute op hulle vet kant, m.a.w die steak staan op sy kant.
GENIET DIE BESTE STEAK!!!!!!!
Rump steak na 2 weke net in die yskas gehou…..”vacuum packed”… heerlik!
Oornag op rooster rakkie in yskas, net met growwe sout en peper laat rus.
Vandag met dié resep aangegaan.
Onverbeterlik!!
Fotos en resep: Elize de Kock

