SOUTTERTJIES ALA SUSANNA

 

souttertjies susannatested

Gebruik die klein muffin pannetjie.
Neem 1 rol “puff pastry”  rol uit en druk sirkels groot genoeg vir jou pannetjie. Spuit die pannetjie en sit Deeg in pannetjie, sit ‘n kwart teelepel Chutney in elke gaatjie, sny kwart van n worsie in blokkies, plaas in deeg.  Meng 1 eier met drie eetl melk en gooi  een eetl. geklitste eier met melkmengsel oor die worsies.  Plaas fyn gerasperde kaas bo~op en bak in oond,2OO grade C.  vir ongeveer 20 min.  Hou maar dop dat dit net lekker kleur het. Hierdie hoeveelheid eier maak ongeveer 12 tertjies.
Dis heerlik.

Resep en foto:  Susanna Elizabeth Du Plessis