SOETKOEKIES
SOETKOEKIES
KLITS DIE VOLGENDE SAAM:
250 g margarien
5 eiers
3 koppies suiker
Sif die volgende saam:
6 koppies koekmeel
2 ml sout
30 ml bakpoeier
10 ml gemmer
Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng goed.
Laat rus vir 30 minute.
Rol bolletjies en pak op ‘n gespuite bakplaat. Druk eefens plat met ‘n vurk.
Bak 200ºC vir 10 minute.
Resep en foto: Madeleine Potgieter

