SEEKAT, OESTER EN MOSSEL KERRIEPOT
SEEKAT, OESTER EN MOSSEL KERRIEPOT
Foto en resep: Cobus Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
Maak so 30 oesters en so 30 mossels oop gooi doppe weg en spoel dit goed af sodat daar geen geen sand agterbly nie.
Maak een middelslag seekat mooi skoon en haal vel af en sny hom in stukkies op so groot soos jou skulpvis.
1 groot artappel in selfde grote blokkies
1 groot ui die selfde grote blokkies
Braai ui in half pond botter vir 5 min op ‘n warm vuur in ‘n swart pot.
As die uie leka begin om te ruik, voeg kerrie, borrie, knoffel en ‘n bietjie gemmer na smaak by
Net as dit lyk of die kerrie en goed begin vas wil brand dan giet jy so ‘n tot (25 ml) asyn in om die uie los te maak.
Boender nou 20 mossel, 20 oesters en die hele kat in die pot en braai vir 5 min. Haal af die vuur af.
Nou die geheim. Neem die ander 10 mossels en 10 oesters saam met ‘n tamatie, ‘n ¼ koppie suurlemoen sap, 1 groot eetlepel vol appeljan jam en 1 eetlepel vlapooier, plaas in ‘n vermenger en maak erg fyn.
Plaas die aartappels in die pot saam met die fyn toorsel sap en sit terug op ‘n matige vuur tot dit begin stadaig kook.
Voeg sout en swart growwe peper by na smaak.
Dumpling moes nou al lankal gemaak gewees het net soos as waneer jy wil vetkoek bak.
Pak so ‘n paar deeg bolle in die pot maak toe die deksel en kook sag vir nog 25 min en whalla ‘n pot om van huis toe te skryf.
My vrou werk uit en ek en die 2 seuns kan sleg wegpak in seekos en ons eet baie seekos, maar hierdie een het die koek gevat van alle potjies ooit, dit is selfs lekkerder as my wartlemoenpotjie wat ek ‘n groot kompetisie mee gewen het.
Hoop julle vind dit net so lekker soos ek, alles te danke aan oom Koos…groete en enjoy…

