ROQUEFORT HOENDER

2015-05-14-roqueforthoender(bloukaas)
ROQUEFORT HOENDER

6 stukkies hoenderfilette ( sonder vel of bene)
500 ml meel ( ek weet dis te veel, maar ek wil nie sukkel nie)
4 eiers liggies geklits – sommer met n vurk
200g broodkrummels ( wat jy koop in die winkel , is gewoonlik daar waar die speserye is)
250ml room
1 driehoekie bloukaas
maak drie borde/bakkies in n ry staan. In die een gooi jy die meel, dan die eiers en dan die broodkrummels.
druk die hoender eers in die meel, dan die eiers en dan in die broodkrummels
pak dit in n oondvaste bak
gooi die room oor
krummel die bloukaas oor
bak dit by 190 grade Celsius toe met tinfoelie vir 20 minute
haal die tinfoelie af en bak dit vir nog 20 minute oop

Plasing:  Amanda Struwig