ROOM SKONS MET VARIASIE

2015-05-28-roomsconestested
ROOM SKONS MET VARIASIE
3.5 koppies bruismeel
1 teelepels sout
1 koppie room
1 koppie limonade / sprite
2 eetlepels suiker

Meng liggies.
Rol so 1,5 cm dikte uit op meel bestrooide oppervlak.  Druk af en pak op voorbereide bakplaat.
Bak op 200°C vir 12 minute afhangende van die grote van die skons. Toets vir gaarheid voor jy uithaal, as dit groot skons is, kan dit tot 20 min bak, hang af van die oond.

Resep en foto:  Amanda Struwig
2de foto:  Alta Gunter Van Dyk

NOTA:  As die deeg te klam is sit nog bietjie meel by dat dit ‘n lekker stewige deeg is. Moenie te veel meng en hanteer nie.

VARIASIE
Ek gebruik ook 3.5 koppies meel en 4.5 teelepels bakpoeier in die plek van die bruismeel
Die skons is hierdie foto ek het net 1.5 koppies nutty wheat, 2 koppies koekmeel en 4.5 teelepels bakpoeier en 15 ml asyn gebruik. Die lekkerste skons regtig vir my.
Rina Kleinhans