REENBOOG KOEKIES
REENBOOG KOEKIES
1 ½ koppie ongesoute botter
2 koppies suiker
2 eiers
2 eiergele
4 teelepels Vanilla geursel
4 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
Meng botter en suiker goed saam. +-2min.
Voeg eiers en gele by en meng goed.
Roer vanilla by.
Sif meel sout bakpoeier saam.
Voeg meel koppie vir koppie by eiermengsel. Moenie oorwerk nie.
Verdeel in 6 gelyke dele. Kleur elke deel n ander kleur, gebruik handmenger. Sit in yskas tot goed koud. 1-2 ure. Rol 6×9″ een op n slag. Sit die lae op mekaar soos klaar uitgerol. Waneer klaar, vries tot baie verm. Sny en vries weer.
Bak van gevries af teen 180 ºgrade vir 6-10 min.
Foto en resep van Ilze Müller
2de foto: Lelane Van Der Walt


