PASTA GEBAK MET HAM
PASTA GEBAK MET HAM
Het ‘n baie lekker pasta bake gemaak gisteraand. Self uitgedink met alles wat nog oor was in die huis.
250 gram gekookte pasta (ek het die spiral pasta gebruik)
1 potjie 250 ml creme fraiche,
3 eetlepels basil pesto,
sout en peper,
1 groot eier,
gerasperde matured cheddar,
200 gram sampioene,
1 bossie spring onions in stukkies gesny,
200 gram smoked ham in op gesny,
hand vol baby spinasie.
Voor verwarm oond op 180 grade C. Kook pasta gaar, gooi water af en spoel af met koue water. Meng in ‘n bak die creme fraiche, eier, sout en peper en pesto. Sit gaar pasta in ‘n oond bak, roer die hamĀ wat in stukkies gesny is deur die pasta en sit die sampioene, spinasie en die spring onions in stukkies gesny ook by die pasta en meng deurmekaar. Gooi die creme fraiche, eier en pesto mengselĀ gooi oor die pasta mengsel, strooi kaas bo oor. Bak vir 25 minute in die oond. Eet smaaklik.
RESEP en FOTO: Claudia Bellink

