PANNEKOEKSTAPEL
Pannekoek:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml olie
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Klits eiers, melk, water en suurlemoensap saam.
Voeg by meelmengsel en meng goed.
Voeg olie by en meng goed om ‘n beslag so dik soos room te verkry.
Laat ‘n rukkie staan.
Verhit pan wat olie gesmeer of gespuit is en bak.
Vulsel:
Braai opgekapte ui en 500 g maalvleis tot bruin.
Voeg ‘n pakkie soppoeier of stroganoff poeier by.
Roer tot gemeng.
Gooi so koppie melk en halwe koppie warm water by. Roer tot dik. Voeg nog water by as dit te dik is, maar dit moenie te souserig wees nie.
Kaassous:
Maak ‘n kaassous met ten minste so 1 liter melk, botter en kaas tot styf.
Rasper kaas.
STAPEL:
Pak lae met pannekoek, maalvleis, kaassous. Herhaal lae tot jou bestanddele klaar is.
Eindig met so bietjie kaassous oor die laaste pannekoek en strooi kaas oor.
Plaas nou terug in die oond en laat die kaas lekker smelt en effens bruin word.
Sny skywe soos ‘n koek.
Resep: Amanda Struwig