PAASBOLLETJIEPOEDING MET SJOKOLADE EN LEMOEN


PAASBOLLETJIEPOEDING MET SJOKOLADE EN LEMOEN
Genoeg vir 6-8
500 ml room
300 ml melk
Saadjies van 1 vanieljepeul of 5 ml vanielje -ekstrak
4 eiers
160 g wit suiker
Gerasperde skil van 1 lemoen
60 ml brandewyn
6- 8 paasbolletjies
50 g donkersjokolade in stukkies gesny
Versiersuiker vir versiering
Bring room, melk vanielje tot kookpunt. Klop eiers en suiker tot lig en donsig. Voeg die by melkmengsel stadig oor lae hitte by, klits aanhoudend tot dit verdik soos vla. Voeg lemoenskil en brandewyn by. Sny Paasbolletjies in drie horisontale snye. Giet helfte van vla in groot bak(1, 5 l). Plaas onderste derdes van bolletjies in bak, goed in vle geweek. Sprinkel sjokolade stukkies bo-oor. Neem middelste derdes van Paasbolletjies, skeur in stukkies. Druk dit liggies op sjokolade. Giet res van vla oor. Rangskik boonste derdes van Paasbolletjies bo-op. Dompel liggies in vla, maak seker die bokant is sigbaar. Laat staan n ruk sodat bolletjies die vla absorbeer. Oond 180ยบ C. Plaas bak in warm waterbak en bak 45-60 min totdat vla gestol het. Bedek met foelie indien poeding te donker word. Haal uit oond. Wag 10-15 min en versier met versiersuiker
Geplaas deur Abie Le Roux