MAKLIKE CHILLISOUS


MAKLIKE CHILLISOUS
8 groot uie, fyn gesny
1 groot blik appelkooskonfyt
250 ml asyn
750 ml tamatiesous
¾ koppie rissies stukkies, gesny en ontpit
2 opgehoopte eetlepels knoffel
Braai uie tot deursigtig, voeg knoffel en rissies by braai nog vir so ‘n min.
Voeg dan tamatiesous, asyn en appelkooskonfyt by.
Kook oor lae hitte vir 5 min en bottel.
Mens kan fyn gesnipperde boontjies en blokkies wortel ook byvoeg.
As jy hou van baie brand, voeg van die rissies se pitte in die sous.
Resep: Bottel-en-Bere Groep
Plasing en beproef: Amanda Struwig