LEKKER SPRINGBOK FILLET

wildsfillettested

LEKKER SPRINGBOK FILLET
Gebraaide uie, en gebakte eier en ‘n Slaaitjie
2 springbok fillets
1 groot ui
4 eiers
Spesery die Fillets NET met sout, peper, Olyfoile, en Balsamiese asyn..sommer so in die pan.
Braai die uie lekker bruin in aparte pannetjie, tot hulle lekker bruin is.
Braai dan eers die fillets so in die pan vir 3 minute op die eenkant, en wanneer ek hulle omdraai, dan krap ek die uie daarby in, en breek die eiers in die pan…Dan bak hulle nog vir 3 minute…
Dan is dit opskeptyd.

Resep en Foto: Stefaans Blaauw