LEKKER KOMBINASIES VIR DIE INLE VAN KAAS

LEKKER KOMBINASIES VIR DIE INLE VAN KAAS
Dreineer 175g fetakaas en druk dit met kombuispapier droog. Sny dit in 2cm blokkies op. Gebruik daarby 12 swart olywe 4-6 vars roosmaryn takkies, 5ml geskroeide koljander en 12 swart peperkorrels. Pak dit in lae in ‘n glasfles en vul die fles met olie, dit moet die kassblokkies minstens 1.25cm diep bedek. Sit die deksel op.
Meng ‘n repie fyn gekapte brandrissie, ‘n halwe opgekapte uitjie en ‘n klompie opgekapte vars kruie, 3 geskilde knoffelhuisies en’n paar swart peper korrels met 200ml olie. Voeg 200g fetakaas blokkies by en roer die mengsel liggies. Skep dit in ‘n glasfles en druk ‘n lourierblaar teen die wand van die fles in. Sit die deksel op.
Sny 500g mozzarellakaas in groterige blokkies. Sny 50g songedroogde tamaties in repies op, maar week dit eers 5min lank in kookwater indien nodig. Pak die kaas en tamaties saam met vars roosmaryn takkies en tiemie of vars basiliekruidblare in lae in ‘n glasfles. Strooi bietjie sout en peper oor elke laag. Skil 4 knoffelhuisies en maak dit fyn. Meng dit met bietjie olie en giet dit oor die kaasmengsel. Voeg genoeg olie by om die bestandele te bedek. Sit die deksel op.