LAMSNEKPOT
LAMSNEKPOT
Twee lams Nekke skywe gesny
Ek braai eers uie in die pot tot bruin
Skep die uie uit en bere vir later.
Braai nou n laag Lams Nek skywe tot geseel aan elke kant.
Hou aan om die ander stukke te braai tot alles mooi gteseel is.
Draai die stoof se plaat hitte laer op no 3.
Plaas al die gebraaide Lams nek terug in die pot.
Gooi een eetlepel crushed garlic by die vleis
Strooi die gebraaide uie oor.
Sit die deksel op die pot en sodra die stoof plaat se hitte af gekoel het tot no 3 hitte plaas die yster pot terug op die plaat
Kook so vir 2 ure
Geen water word bygevoeg nie.
Na 2 ure sit gesnyde aartappel in en laat verder kook/prit vir 30 minute.
Sit nou al die gemengde groente volgens jou smaak by asook jou Kerrie speserye.
Laat kook weer vir 30 minute.
Kyk of alles sag is.
Bedien saam met rys
Vir baie meer geur maak dit Saterdag aand en laat staan oor nag sodat diue Kerrie goed kan trek.
Bron en foto: Koos van der Merwe

