KONINKLIKE VERSIERSEL-Royal Icing

2015-05-08-afeetkoeke-001testedBLOU

KONINKLIKE VERSIERSEL-Royal Icing
Om koekies aan karton te plak om dit te versier

1 eierwit
3 druppels suurlemoensap
175 g versiersuiker (330ml),gesif
Kleursel en geursel (opsioneel)

1. Meng die eierwit en suurlemoensap.
2. Voeg die gesifte versiersuiker lepelsgewys by en meng totdat dit puntjies vorm wat opstaan.
3. Kleur en/of geur indien verkies.
4. Maak die bakkie met versiersel dig toe, anders word dit hard en droog.

Nota:   Ek gebruik ‘n versiersak. Dit word nogal vinnig hard.

Resep en foto Ingestuur:  Hannetjie Snyman
2de foto van Frances Smith