KONFYT SKYWE
125 g margarine
125 ml suiker (100g)
1 eier
5 ml vanieljegeursel
500 ml koekmeelblom (300g)
10 ml bakpoeier
sowat 125 ml fyn appelkooskonfyt
Versiersuiker
Room margarien en suiker. Voeg eier en vanielje by en klop tot lig en donsig. Voeg gesifte droe bestanddele by en knie goed.
Druk helfde van die deeg in n gesmeerde reghoekige pan van 20 x 24 cm. Smeer n laag konfyt oor die deeg. Rasper orige deeg oor konfyt.
Bak 20 minute of tot goudbruin in voorverhitte oond teen 180°C. Laat n paar minute afkoel. Sny in vierkante en laat in pan afkoel. Stuif versiersuiker oor
Foto: Julie Roper Seaman

